Tweefontein Safaris Logo

Tweefontein Safaris - Jagreëls

Hoofblad   Akkomodasie   Wildspryse    Jagreëls    Aanwysings   Kontak ons   Fotos

Tweefontein Safaris heet u baie welkom en vertrou dat u die tyd saam met ons baie sal geniet en dat u ’n aangename en suksesvolle jag sal hê.

Alvorens u egter ons gasvryheid kom geniet en ’n besondere jag kan beleef, is daar sekere reëls en regulasies waaraan daar voldoen moet word.

JAGREëLS

  1. DRANKGEBRUIK:

  1. Die groep voorsien sy eie drank, koeldranke, ys ens. saam en die drank ens. Dit kan veilig toegesluit word in die lapa gedurende die dag of nag.

  1. Geen drank of persoon onder die invloed van drank, verdowing of dwelms sal op voertuie of in die jagveld toegelaat word nie.

  1. Die “Jagmeester”, Tweefontein Safaris en eienaar kan ooreenkom vir ’n paar drankies ná die jag vir die dag gestaak is en almal terug is by die veldkamp.

  1. Die misbruik van drank kan daartoe lei dat Tweefontein Safaris die jag tydelik staak of aflas waarna die groep ten volle verantwoordelik gehou sal word vir die totale koste volgens bespreking.


  1. INSKIET EN ORIëNTASIE:

  1. Elke jagter moet sy eie geweer en ammunisie te same met ’n geldige geweerlisensie laat inspekteer deur sy “Jagmeester” en Tweefontein Safaris om te voldoen aan die volgende vereistes naamlik:

  1. Kaliber moet voldoen aan die eienaar waar gejag word se vereistes, byvoorbeeld geen kaliber kleiner as .243 vir klein wild of kleiner as .270 vir groot wild nie.

  2. Geen skerppunt ammunisie of ammunisie met enige ooglopende defekte sal gebruik mag word nie.

  3. n Geweer moet oor ’n werkende veiligheidsmeganisme beskik.

  1. Gewere gebruik vir jag sal oor ’n geskikte teleskoop beskik. Geen jagter sal toegelaat word om met ’n geweer sonder ’n teleskoop op, te jag nie.

  1. Elke jagter moet in die teenwoordigheid van sy “Jagmeester” en Tweefontein Safaris sy geweer inskiet op afstande 25m tot 100m tot bevrediging van sy “Jagmeester” en Tweefontein Safaris alvorens hy toegelaat sal word om te gaan jag.

  1. Die skietbaan is die enigste plek waar ’n jagter sy geweer mag inskiet. Niemand sal toegelaat word om in die jagveld in te skiet nie behalwe in uitsonderlike gevalle soos ooreengekom deur die “Jagmeester” en Tweefontein Safaris en eienaar.

  1. Elke jagter en nie-jagter of eerstemaal jagter sal volledig deur die “Jagmeester”, Tweefontein Safaris en eienaar ingelig word oor tipe veld waar gejag gaan word en watter tipe doodskoot verkieslik geneem moet word.

  1. Elke jagter sal in besit wees van ’n geldige jaglisensie alvorens die jagter toegelaat sal word om enige wild te jag. Tweefontein Safaris sal indien moontlik Vrystaat Jaglisensies teen betaling beskikbaar hê.


  1. VERVOER NA/VAN EN IN JAGVELD:

  1. Die jaggroep word deur middel van bakkies, maksimum 5 persone per bakkie na/van en in jagveld vervoer. Jagters mag eie vervoer na jagveld gebruik indien hulle so verkies.

  1. Alle gewere moet veilig wees met geen ammunisie in die magesyn wanneer jagters na/van jagveld vervoer word nie.

  1. Wanneer daar vanaf bakkies gejag word sal die “Jagmeester” en Tweefontein Safaris die nodige reëlings tref in terme van geweerveiligheid, wie mag skiet ens.

  1. Geen geskiete wild sal waar moontlik op bakkies waar daar jagters is vervoer word nie, behalwe waar so ooreengekom.


  1. VEILIGHEID:


  1. Elke jagter moet homself vergewis van al die reëls voor en in die jagveld.

  1. Prioriteit by elke jagter moet veiligheid wees en enige skending daarvan kan byvoorbeeld lei tot opskorting en staking van die jag met volle koste en skadevergoeding.

  1. Geen gewere mag uit kluis verwyder word sonder die toestemming van die “Jagmeester” en/of Tweefontein Safaris nie.

  1. Alle gewere sal onmiddelik nadat jagters terug is van jagveld in kluis toegesluit word.

  1. Respekteer almal om jou en wees te alle tye veiligheidsbewus.

  1. Help ander om veilig op te tree.


  1. JAGPOSISIE EN SKOOTVAK:


  1. Indien in ’n jagkamp gejag gaan word sal die volgende geld:

  1. Voor elke persoon in jagkamp uitgeplaas word sal die jagkamp verduidelik word aan elke jagter, waarna die “Jagmeester” en Tweefontein Safaris en eienaar elkeen se posisie in die veld sal bepaal.

  1. Elke jagter sal op ’n voorafbepaalde plek afgelaai word waar sy skootvak duidelik aan hom uitgewys sal word.

  1. Elke jagter moet hom oriënteer ten opsigte van medejagters se posisie in die veld, sy skootvak, bakkies en motorfietse se beweging, ens.

  1. Niemand mag sy posisie verlaat sonder die toestemming van die “Jagmeester” en Tweefontein Safaris nie. Geen rondlopery in die jagveld sal geduld word nie en persone wat hulle hieraan skuldig maak sal van jagveld verwyder word.

  1. n Jagter moet ook nie opstaan in die jagveld nie. Jy word nie alleen ’n teiken nie maar benadeel jou en jou medejagter se kanse om ’n goeie skoot op die grootste of mooiste bok te skiet.

  1. Enige oortreding van bogenoemde kan daartoe lei dat Tweefontein Safaris die jagter dadelik kan oplaai en hy nie verder aan die jag sal mag deelneem nie.

  1. Indien van bakkie af gejag sal word sal die volgende geld:

  1. Die “Jagmeester” sal die volgorde bepaal waarvolgens jagters sal skiet en volgens hierdie volgorde sal jagters hul posisies op die bakkie inneem.

  1. Die twee jagters wat nav bg posisie ingeneem het in die voorste skietstoele mag wapens op veilig in hand hê. Ander jagters se wapens moet veilig in geweersakke of houers gebêre wees.

  1. Bogenoemde jagters se gewere mag gereed gemaak wees vir jag maar daar mag geen ammunisie in die geweerkamer wees terwyl die bakkie beweeg nie.

  1. Gewere op bakkie moet te alle tye veilig hanteer word anders mag die “Jagmeester” of Tweefontein Safaris nodige stappe neem.


  1. JAG VAN WILD:


  1. Elke jaggroep mag alleenlik wild soos bespreek of soos voor die jag met Tweefontein Safaris bespreek skiet. Indien ’n jagter ander wild as wat bespreek is sou skiet, is ’n boete teen die prys van die bok se trofeeprys betaalbaar plus die prys van die betrokke bok, bv Gemsbok Trofee R4000.00 plus R3000.00 = R7000.00.

  1. Elke jaggroep sal sy eie toewysings maak van hoeveel en wat se bokke elke jagter van sy groep mag skiet.

  1. Indien jagters ekstra bokke vir hul eie sak wil skiet moet hulle dit met hulle “Jagmeester” bespreek, wat dit met Tweefontein Safaris sal reël.

  1. Reëls in terme van bokke wat gekwes is;

  1. Enige jagter moet indien hy ’n bok kwes, die bok onmiddelik doodskiet al sou die bok ook hardloop.

  2. Tweefontein Safaris en eienaar behou die reg voor om die gekweste bok so gou moontlik dood te skiet.

  3. Gekweste bokke sal eers doodgeskiet word alvorens die volgende bok geskiet mag word.

  4. Gekweste bokke wat nie gekry word nie is vir die rekening van die jaggroep.

  1. n Jagter kan enige uitgewysde bok skiet soos en waar hy wil maar dit word aanbeveel om eerder seker te maak om ’n veilige doodskoot te skiet.

  1. Elke jaggroep sal ten minste verantwoordelik wees om sy bestelling te jag en sal alleenlik verskoon word in die geval waar te min wild beskikbaar is of ander omstandighede buite beheer van Tweefontein Safaris en/of eienaar bv. reën.

  1. n Jagter sal op ’n spesifieke bok soos aan hom uitgewys deur Tweefontein Safaris en/of eienaar mag skiet.

  1. n Jagter sal onder geen omstandighede in die bondel of na ’n bok wat nie aan hom uitgewys is mag skiet nie. In so ’n geval kan klousule 6.1 van toepassing wees.

  1. In die geval waar ’n bok geskiet is sal die bakkie onmiddelik na die plek waar die bok geskiet is beweeg om seker te maak die bok is dood. Alleenlik dan sal die jagters op bakkie toegelaat word om ’n volgende bok te skiet.


  1. GESKIETE WILD – VERVOER EN OOPSNY:


  1. Bokke wat doodgeskiet is sal onmiddelik opgelaai word of nie later as ’n uur nadat dit geskiet is opgelaai word nie.

  1. Elke bok sal deeglik gemerk word en verkieslik deur die betrokke jagter self. Tweefontein Safaris en/of eienaar neem geen verantwoordelikheid vir wild wat omgeruil word of deurmekaar raak nie.

  1. Bokke sal alleenlik oopgesny word by slagplek. Hier word die binnegoed, harslag, kop en pote verwyder en as die jagter die bok afgeslag wil hê moet dit vooraf gereël word met Tweefontein Safaris. Geen latere afslag van wild sal gedoen word nie.

  1. Bokke sal behoorlik skoongespuit word en sodra dit droog gedrup het, in die koelkamer gehang word.

  1. Bokke wat vir trofee doeleindes geslag moet word, moet vooraf met Tweefontein Safaris gereël word. Trofees sal net geslag word tot agter die kopafsny en is die jagter verantwoordelik vir sy eie volledige trofee af te slag.


  1. ONGELUKKE:


  1. In geval van enige ongeluk, na gelang van die graad daarvan, sal Tweefontein Safaris eers die jagter na die huis neem waar hy verpleeg sal word.

  1. In geval van ’n ernstige ongeluk sal die jag onmiddelik opgeskort word en die “Jagmeester” en Tweefontein Safaris sal die nodige reëlings tref in die verband.


  1. ROOK EN BRAND:


  1. Niemand sal toegelaat word om enige vuur in die veld te maak nie.

  1. ROOK sal nie toegelaat word agter op ’n bakkie of in die veld nie.

  1. Rokers sal aanleenlik rook met die toestemming van Tweefontein Safaris en/of eienaar.

  1. In die geval van rokers wat ’n veldbrand veroorsaak sal die jag onmiddelik opgeskort word en sal die jaggroep verantwooerdelik wees vir enige brandskade.


  1. EIENDOMSBESKADIGING:


  1. Jagters is te alle tye verantwoordelik vir ander se eiendom, veral ten opsigte van blyplek, voertuie ens. Beskerm alle eiendom asof dit jou eie is.


  1. OPSKORTING VAN JAG:


  1. Enige oortreding van die jagreëls of enige situasie wat daartoe aanleiding gee dat die eienaar waar daar gejag word die jag stopsit, sal Tweefontein Safaris en die “Jagmeester” die jag opskort tot verdere besluit geneem is.


  1. DEFINISIES:


Jagmeester” Jaggroep wys vir die groep ’n leier, woordvoerder en verantwoordelike jagter aan om namens die jaggroep op te tree, te onderhandel en is die jaggroep se spreekbuis.


Tweefontein Safaris is enige persone wat namens Tweefontein Safaris optree, hetsy die bestuurders van die bakkies of personeel agter op bakkies of op die terrein, kamp of plaas.


Eienaar is die “baas” van die plaas waar gejag word.


  1. SKOOTPLASINGS:


VLIESBESKADIGING

KOPSKOOT 3%

NEK/BLADSKOOT* 16%

RIBBEKASSKOOT* 5%

RUGSKOOT 12%

BLADSKOOT 21%

BLAD/RIBBEKASSKOOT 22%

POTUGESE HARTSKOOT maw BOUDSKOOT 50%


*Aanbevole skootplasings. Dit dood en veroorsaak die minste skade.